Landbouers teken beswaar aan teen minimumloon
Die Namibiese Landbou-unie se Landbou Werkgewersvereniging sê hy teken ten sterkste beswaar aan teen die nuwe minimumloon. Ingevolge die arbeidsministerie sal die loon vanaf 1 Januarie 2025 10 Namibiese dollar ‘n uur wees wat die jaar daarna styg na 14 dollar en in 2027, styg na 18 dollar uurliks. Die vereniging sê hy het reeds in 2021 kwytskelding gevra omrede landbou eiesoortig behuising, kontant en voorsiening vir lewensbehoeftes insluit. Hierdie standpunt bly staan. Die arbeidsministerie se infaseringsmodel met sy geweldige spronge is onhaalbaar. Op die oomblik betaal boere ‘n intreeloon van 6 dollar uurliks. Hy vra ‘n dringende gesprek met die ministerie aan tesame met die ander rolspelers binne die Namibia Agricultural Labour Forum.