Koalisies hou ook voordele in – kenner

‘n Professor van die Noordwes Universiteit se Sake- en Bestuurskool, Raymond Parsons, sê die onmiddellike vooruitsigte van ‘n koalisieregering behels sowel risiko’s as geleenthede. Die ANC het die eerste keer in die demokratiese Suid-Afrika minder as 50 persent van die stemme behaal en daarmee sy meerderheid in die parlement verloor. ‘n Koalisieregering moet nou saamgestel word, en Parsons sê die uitdaging is om ‘n raamwerk te skep van bestendige regering wat nodig is om sake- en beleggersvertroue te stimuleer: