Swapo sal moet verenig – kyk wat het met ANC gebeur
Die Swapo-party is al vir etlike jare lank bekend as ‘n sterk bevrydingsparty saamgestel deur eenheid, veral in die jare na Namibië se onafhanklikheidswording. Sommige lede veg egter die afgelope jare oor posisies en dit het skade en onenigheid in die party veroorsaak. Dieselfde het in Suid-Afrika met die ANC gebeur waar ‘n harde les by die stembusse geleer is. Asser Ntinda is ‘n veteraan Swapo lid wat sy mening lig oor wat gedoen kan word om Swapo weer verenig.