Porridge Storage sorg vir meer as 300 kinders

’n Sopkombuis in Havana genaamd Porridge Storage het sy deure in 2019 oorkant Laerskool Havana oopgemaak. Die sopkombuis voorsien tans aan meer as 300 minderbevooregte kinders kos tussen die ouderdomme van 1 tot 19 jaar, maar skenk ook sanitêre doekies aan diegene wat dit nie kan bekostig nie. Kosmos 94.1 Nuus gesels met die stigter Martha Festus, wat ‘n beroep doen op barmhartige Samaritane of maatskappye om hul by te staan met kos, klere, sanitêre doekies, komberse en ander benodigdhede.