Eerste ronde van NRU Premier Liga verby

In plaaslike rugby het die NRU Premier Liga weereens vir aksie gesorg. FNB Western Suburbs 1 het hul Premierliga-wedstryd teen FNB Kudus 1 in die doodsnikke met 24-23 op Suburbs Park in Windhoek gewen. In die hoofstad het beide Wanderers se eerste en tweede spanne oorwinnings behaal met bonuspunte. Wanderers se tweede span het kragte gemeet teen Grootfontein se tweede span en geseëvier met 22-7 op die telbord. Die eerste span van Wanderers het ook op hul tuisveld Grootfontein se eerste span verslaan met 6 drieë. Beide spanne is nou bo-aan die punteleer na die eerste ronde van die premier liga. Die afrigter van Wanderers se eerste span, Dirk Human sê aan Kosmos 94.1 nuus dit was ‘n goeie naweek, maar daar lê nog baie harde werk voor.