Trump gaan teen ‘onregverdige’ skuldigbevinding appelleer
Amerikaanse oudpresident Donald Trump sê hy gaan teen sy skuldigbevinding dat hy sakerekords vervals het appelleer, en sê hy het niks verkeerd gedoen nie. ʼn New Yorkse hof het hom skuldig bevind op al 34 aanklagte in die swyggeld-saak. Aanklaers beskuldig Trump dat hy deel was van ʼn onwettige sameswering om die integriteit van die presidentsverkiesing in 2016 te ondermyn. Trump sê die verhoor was baie onregverdig.