Spreek sielkundige trauma onder polisie aan: Denosa

Die verpleegkundige organisasie Denosa in Mpumalanga doen ‘n oproep om geregtigheid na die moord op twee verpleegkundiges en hul broer deur ‘n polisiebeampte in Bosbokrand. Hulle vra die regstelsel om die tendens van polisiebetrokkenheid by geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, en verwys na die sielkundige trauma waaronder beamptes gebuk gaan. Die sekretaris van Denosa, Cyril Mdhluli, sê die voorval vererger die ernstige tekort aan verpleegkundiges in die provinsie, waar hulpbronne reeds onder druk is.