Israel stel driefase-plan voor om oorlog te beëindig: Biden

Die Amerikaanse president Joe Biden sê Israel het ‘n omvattende nuwe skietstilstand-ooreenkoms aan Hamas voorgestel. Israel se inval in Rafah vroeër in Mei het ‘n nuwe fase ingelei in sy oorlog teen Hamas in Gaza, wat reeds meer as 36-duisend Palestynse lewens geëis het. Hamas het in Oktober verlede jaar meer as een-duisend-200 mense doodgemaak en meer as 200 uit Israel ontvoer. Biden sê Israel het ‘n drie-fase-plan voorgestel, wat ‘n wapenstilstand van ses weke behels wat permanent sal word, gevolg deur die heropbou van Gaza met internasionale hulp.