Ramp in Papoea-Nieu-Guinee steeds uitdagend

Papoea-Nieu-Guinee se premier, James Marape, het sy respek betoon aan die mense wat in die onlangse verwoestende grondverskuiwing dood is in die land se afgeleë noordelike Enga-provinisie. Marape het aan die oorlewendes gesê dat noodlenigingswerk bespoedig word om die liggame te vind van oorledenes. Die regering skat meer as 2000 mense is dood in die ramp, maar tot dusver was hulle versigtig om swaar masjinerie te gebruik met die vrees dat dit nog ‘n verskuiwing kan veroorsaak op die alreeds onstabiele area. Voordat die regering ingegryp het met stootskrapers en ander masjinerie het die inwoners grawe en ander plaas gereedskap gebruik op soek na hul geliefdes.