Manhattan Distriksprokureur verwelkom Trump-uitslag

Die Manhattan Distriksprokureur, Alvin Bragg, het die skuldigbevinding van oudpresident Donald Trump verwelkom. ‘n Jurie het Trump skuldig bevind op 34 aanklagte van die vervalsing van sakerekords om ‘n swyggeld-betaling aan die porno-ster Stormy Daniels te verdoesel. Hy is die eerste Amerikaanse president wat aan ‘n misdaad skuldig bevind is. Bragg sê die beslissing wys niemand is bo die reg verhewe nie.