Trump skuldig bevind op al 34 aanklagte
Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump is in sy strafregtelike verhoor in New York skuldig bevind op al 34 aanklagte van die vervalsing van sakerekords. Dit is die eerste keer dat ‘n Amerikaanse president aan ‘n misdaad skuldig bevind word. Hy het kort voor die 2016-presidentsverkiesing ‘n betaling deur sy prokureur om die porno-ster Stormy Daniels se stilswye te koop, versteek. Hy sal op 11 Julie gevonnis word. Trump het buite die hof gesê sy skuldigbevinding is ʼn skande. Hy beweer die verhoor is gemanipuleer en die ware uitslag sal op 5 November by die stembus bekend word.