SA toerisme eerste op Afrika ranglys

Suid-Afrika is steeds die voorloper in toerisme in Afrika en is eerste op die ranglys in die Afrika-streek van die 2024 Reis- en Toerisme-ontwikkelingsindeks. Die indeks van die Wêreld Ekonomiese Forum dek 119 ekonomieë en meet ‘n stel faktore en beleide wat die volhoubare en veerkragtige ontwikkeling van die toerismesektor moontlik maak. Suid-Afrika is 55ste op die lys van 119 lande en het sewe plekke opgeskuif. In 2023 het Suid-Afrika byna 8,5-miljoen internasionale toeriste verwelkom waarvan 5,4-miljoen van Afrika is.