Publiek moet Toegang tot Inligting-wet ‘self implementeer’

Wette oor toegang tot inligting is kragtige instrumente vir die bevordering van ‘n meer regverdige samelewing in Afrika. Daar is steeds uitdagings met implementering, maar burgerlike organisasies speel ‘n sleutelrol om toegang tot inligting te verseker. Namibië se Wet op Toegang tot Inligting moet nog ten volle geïmplementeer word, maar burgers word aangemoedig om hulself met die inhoud daarvan te vergewis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Zoe Titus, die direkteur van die Namibia Media Trust, wat sê die wet die beste sal werk wanneer burgers dit gebruik.