Goffin vaar uit teen Franse Ope-skare

Tennis: David Goffin was woedend oor die toeskouers hom by die Franse Ope uitgejou het na sy oorwinning in vyf stelle teen die tuisbaan-gunsteling Giovanni Mpetshi Perricard. Die gefrustreerde Belgiër het sy oor bak gemaak in ‘n gebaar na die skare en het verduidelik hoe hy moes kophou om die spannende 4-6, 6-4, 6-3, 6-7, 6-3 – oorwinning teen die 20-jarige te kon behaal. Hy is na die oorwinning luid uitgejou. Goffin het gevra die owerhede moet optree om die tipe skare-gedrag te bekamp.