De Niro vaar uit teen Trump buite hof

In Amerika sal jurielede waarskynlik begin met beraadslagings in Donald Trump se stilblygeld-verhoor. Trump word daarvan beskuldig dat hy besigheidsrekords vervals het om ‘n stilbly-betaling aan ‘n pornoster net voor die 2016-verkiesing te verdoesel. Die filmster Robert de Niro, wat vir die Demokratiese Party in ‘n advertensie verskyn, het buite die hof in New York losgetrek teen die voormalige Republikeinse president en ernstige waarskuwings gerig. Hy het verskyn saam met twee polisiemanne wat by die 6 Januarie aanval in Washington was.