Shiimi vereer met African Bankers-toekenning

Namibië se finansminister Ipumbu Shiimi is deur die invloedryke African Bankers Awards vereer as Finansminister van die Jaar 2024. Die toekenning is in Nairobi, Kenia namens Shiimi ontvang deur adjunk-finansminister Maureen Hinda-Mbuende. Die toekenning is vir sy uitsonderlike leierskap en beduidende bydraes tot Namibië se ekonomiese groei en finansiële stabiliteit. Die toekenningskomitee sê sy strategiese inisiatiewe het die land se fiskale beleid versterk, die doeltreffendheid van die openbare sektor verbeter en volhoubare ontwikkeling bevorder. Hulle sê sy pogings het nie net binnelandse ekonomiese veerkragtigheid verbeter nie, maar stel ook ‘n prysenswaardige voorbeeld vir finansiële bestuur vir die hele vasteland.