Lede gaan regsaksie teen Swapo begin oor kongres

Swapo het glo nie geld vir ‘n buitengewone kongres nie, volgens plaaslike media. Die nuus het aan die lig gekom na sommige partylede Swapo hof toe wil sleep om die kongres te hou na die afsterwe van Hage Geingob. Die party het tans nie ‘n vaste president nie. Swapo sê daar is geen bepaling dat hy ‘n kongres moet hou nie, maar die lede wil hulle na die hof wend. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met prokureur Richard Metcalfe, van Metcalfe Beukes Attorneys wat die lede verteenwoordig, vir ‘n opdatering.