China se visvangverbod in Suid-Chinese See is ‘uitlokkend’

Die Filippyne maak beswaar teen China se visvangverbod van vier maande in die Suid-Chinese See, en noem dit ‘n verbreking van Filippynse soewereiniteit. Die Buitelandse Sakeministerie sê die verbod verhoog spanning in die streek. China maak aanspraak op byna die hele Suid-Chinese See, wat ‘n lewensbelangrike seeroete is wat jaarliks meer as 55 miljard Namibiese dollar werd is. Dit oorvleuel met gebiede waarop die Filippyne, Vietnam, Indonesië, Maleisië en Brunei aanspraak maak. Die minister van Verdediging Gilberto Teodoro beskryf die reëls van China se Kuswag as uitlokkend.