Span sal vermeende besoedeling in Swakoprivier ondersoek

Inwoners van Okahandja het diepe kommer oor vermoedelik onwettige sandmyn-aktiwiteite in die Swakoprivier-bedding. Dit het veral die omgewing erg geraak, met ou kameeldoringbome wat nie op die oewers staande kan bly nie en die rivier-ekologie wat tot niet is. Die mynperseel word deur Super Sand en sy filiaal JT Freighting bedryf. Die inwoners het ‘n petisie hieroor einde April by die omgewingministerie ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het met gepraat met omgewingskommissaris Timotheus Mufeti, wat sê die ministerie sal vandeesweek ‘n span stuur om ondersoek in te stel voordat opgetree word.

Daar is veral kommer omdat die rivier in die reeds besoedelde Swakoppoortdam invloei.