Eagles skud vere reg vir IKR T20 Wêreldbeker

Die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande en Amerika skop Sondag af en die spanning laai op. Namibië se groep van 16 spelers is reeds in die Wes-Indiese Eilande, waar hulle drie van hulle vier opwarm-wedstryde gewen het. Die Eagles is in Groep B saam met Australië, Engeland, Oman en Skotland. Hulle eerste wedstryd is komende Maandag teen Oman. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, oor hoe hulle voorbereidings verloop.