Maatskaplike voetsoldate nodig om selfmoord aan te spreek

Die naweek se misdaadverslag teken drie gevalle van selfdood aan. Twee was pensionarisse wat hulleself gehang het. Volgens die verslag was dit ‘n 101-jarige vrou van Okahao en ‘n 77-jarige man van Eenhana. Die derde was ‘n 28-jarige man van Otavi wat homself met ‘n jaggeweer geskiet het. Kosmos 94.1 Nuus het met die geslagsaktivis Zack Itodo gepraat, wat sê daar moet meer “voetsoldate” wees om mense met probleme by te staan.