F1 lewer weer verrassing op

Charles Leclerc van Ferrari het sy tuisren, die Monaco Grand Prix gewen. Hy het ‘n vroeë aanslag deur McLaren se Oscar Piastri afgeweer om sy eerste oorwinning sedert Julie 2022 te behaal. Sy spanmaat Carlos Sainz het derde geëindig. Lando Norris van het McLaren het vierde geëindig en Mercedes se George Russell vyfde. Die heersende wêreldkampioen Max Verstappen van Red Bull moes tevrede wees met die sesde plek en sy kampioenskapsvoorsprong bo Leclerc het tot 31 punte gekrimp. Leclerc sê om tuis te wen, is ekstra spesiaal: