Bosbouwet word steeds hersien
Die Bosbouwet van 2001 word sedert 2020 deur die omgewing en bosbou-ministerie hersien. Volgens Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, is die wet 90 persent voltooi, maar moet steeds deur verskeie prosedures gaan, soos om voor die parlement te kom. Een van die wysigings is ‘n opdatering oor die beheer van veldbrande. Die regulasies sal dit verpligtend maak vir private grondeienaars om aan verskeie regulasies te voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het met Muyunda gesels, wat meer verduidelik.