Steytler sê ons moet versigtig met ons uraanbedryf omgaan

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië het ‘n seminaar aangebied oor kritieke minerale waarby verskeie invloedryke ekonome en kenners, gepraat het. Een van die aspekte wat onder die loep gekom het was uraan. Die bekende ekonoom en nou uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank, dr. John Steytler, sê Namibië moet meer versigtig met sy uraanbronne omgaan en moet ook kyk na die ontwikkeling van ‘n waardeketting vir die streek.