Oliereuse in die ry vir 40% van PEL 83

Exxon Mobil, Shell, TotalEnergies en Equinor is van die groot energiemaatskappye wat aanbiedinge evalueer vir ‘n 40 persent-belang in Galp Energia se Mopane-put in die Oranje-bekken. Galp, wat met ‘n finansiële adviseur saamwerk om die helfte van sy 80 persent-belang in die PEL 83 eksplorasieblok te verkoop, het volgens berigte gevra vir eerste rondte-bod teen middel Junie. Gebaseer op Galp se ramings van 10 miljard vate ru-olie in die Mopane-kompleks, kan die hele ontdekking sowat 362 miljard Namibiese dollar of meer werd wees. Galp se Namibiese vennote, Custos Energy en Namcor, het elk ‘n 10 persent belang in PEL 83.