Groenwaterstof-korridor tussen Lüderitz, SA ondersoek

Die Omgewingsbeleggingsfonds het ‘n memorandum van verstandhouding met belanghebbendes onderteken om die haalbaarheid te bepaal van ‘n groenwaterstof-korridor wat Suid-Afrika se Wes-Kaap en Noord-Kaap provinsies met Lüderitz sal verbind. Die projek sal groenwaterstof-spilpunte, markte en nywerhede regoor die streek verbind. Die uitvoerbaarheidstudie sal na verwagting teen die einde van die jaar afgehandel wees. Die partye sal die tegniese, kommersiële, finansiële, sosio-ekonomiese en operasionele aspekte van die projek beoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Obeth Kandjoze, die voorsitter van die Groenwaterstofraad, wat die belangrikheid van hierdie vennootskap uiteensit.