Engen-bestuur sê oor Vivo-aankoop

Die besturende direkteur van Engen Namibië, Jean-Blaise Ollomo het in ‘n omsendskrywe aan sy kleinhandelaars bevestig dat die Mededingingskommissie die aankoop deur Vivo Energy, of te wel Shell, van die 74 persent aandeelhouding wat Petronas in Engen gehad het, goedgekeur het. Die kommissie het beslis dat nie al die Engen vulstasies aan Shell verkoop sou word nie en dat ander brandstof handelsmerke soos Puma en Namcor ook persele sal aankoop. Ollomo sê daar is tans nie besonderhede beskikbaar nie maar eienaars sal ingelig word soos dit beskikbaar word.