Rashford betaal duur vir swak seisoen
Manchester United se voorspeler, Marcus Rashford, het die prys betaal vir sy swak seisoen toe Engeland se afrigter, Gareth Southgate, hom uitgelaat het uit sy voorlopige groep van 33 vir Euro 2024. Liverpool se gewese kaptein, Jordan Henderson, en Chelsea se kaptein, Reese James, is ook nie in die groep nie. Die groep moet tot ‘n maksimum van 26 verklein word voor die toernooi volgende maand in Duitsland begin. Adam Wharton van Crystal Palace, Jarrad Brantwhaite van Everton en Jarell Quansah en Curtis Jones van Liverpool is die nuwelinge in die groep.