Moenie kla oor plaaslike repokoers nie, kyk vir Nigerië

Nigerië se sentrale bank het nog ‘n groot rentekoersverhoging aangekondig, die derde een hierdie jaar. Die Monetêre Beleidskoers is met 150 basispunte verhoog tot 26,25 persent. Dit is in reaksie op ‘n voortgesette styging in inflasie wat in April ‘n 28-jaar hoogtepunt van 33,69 persent bereik het. Inflasie word aangevuur deur die petrol- en elektrisiteitsubsidies wat verminder is en die naira wat twee keer gedevalueer het sedert president Bola Tinubu verlede jaar oorgeneem het. Olayemi Cardoso, goewerneur van die Sentrale Bank van Nigerië, sê die bank se Monetêre Beleidskomitee het op die verhoging besluit in die belang van prysstabiliteit.