Namibië veroordeel poging tot staatsgreep in DRK ten sterkste
Namibië het die poging tot ‘n staatsgreep in die Demokratiese Republiek van die Kongo ten sterkste veroordeel. Internasionale betrekkinge-minister Peya Mushelenga sê in ‘n verklaring Namibië bly by sy standpunt van geen verdraagsaamheid teenoor magsgrype deur ongrondwetlike middele nie. Dit is in ooreenstemming met die Afrika Unie se verbintenis om “die gewere in Afrika stil te maak”. Namibië herbevestig sy verbintenis tot die SADC-protokol oor politiek, verdediging en veiligheidssamewerking, wat daarop gemik is om vrede en veiligheid in die streek te bevorder.