‘Dame van joernalistiek’ Ronelle Rademeyer, sterf

Veteraan-joernalis Ronelle Rademeyer is oorlede. Rademeyer is ‘n paar jaar gelede met kanker gediagnoseer. Sy was sedert die laat 1990’s betrokke in plaaslike media en het voorheen in Suid-Afrika in die media gewerk. Sy het diep spore getrap in talle joernaliste se loopbane by die Afrikaanse dagblad, Republikein. Sy was ook betrokke by die Namibiese Redakteursforum sowel as die Windhoek Woordfees. Sy word oorleef deur haar man Lourens en twee seuns, Wilhelm en André, asook vier susters en haar ouers.