Gebruik grond doeltreffend vir meer kos, minder gasse: ekoloog

Die wêreldwye voedselverbouingstelsel bied ‘n reuse geleentheid om byna ‘n derde van die wêreld se kweekhuisgas-uitlatings te verminder deur bekostigbare en geredelik beskikbare optredes. Volgens ‘n nuwe Wêreldbank-verslag is die voedselverbouingstelsel ‘n onontginde bron van lae-koste moontlikhede teen klimaatsverandering. Die Wêreldbank sê deur net eenvoudig die manier te verander waarop middel-inkomstelande gebiede soos woude en ekostelsels vir voedselverbouing gebruik, kan gasuitlating deur die sektor teen 2030 met ‘n derde verminder word. Dr. Peter Cunningham, ‘n plaaslike ekoloog sê Namibiese boere gebruik grond ondoeltreffend.