Dames… wat dink julle van Brittanje se sexyste man?

Die 64-jarige Jeremy Clarkson is deur die webwerf IllicitEncounters vir die tweede keer in ʼn ry as die Verenigde Koninkryk se sexyste man gekies.

Hy het mans soos prins William, Idris Elba en Cillian Murphy in die proses uitgestof.

Oë het gerek oor dié nuus, maar dit blyk of die toekenning heel tong in die kies is.

Altesaam 2 000 vroue is gevra wie hulle dink Brittanje se mooiste man is deur 50 mans ʼn punt uit tien te gee.

Jeremy het ʼn allemintige gemiddeld van 9 uit 10 gehaal.

Kyk, hier sal ek sê, dankie tog, smaak verskil.