China kondig maatreëls aan om eiendomsektor te laat herleef

Owerhede in China het belangrike maatreëls aangekondig om die voortgesette krisis in die eiendomsektor aan te spreek. Dit sluit in verlaging van deposito’s en die aanmoediging van plaaslike owerhede om onverkoopte eiendom aan te koop. The People’s Bank of China rig ook ‘n fasiliteit van 756 miljard Namibiese dollar op om bekostigbare behuising moontlik te maak. Die minimum deposito vir eerstekeer-huiskopers is van 20 tot 15-persent verminder en van 30 tot 25-persent vir ‘n tweede huis. Die stap moet die eiendomsmark stabiliseer wat ‘n beduidende uitwerking op die land se ekonomie het.