Suid-Afrikaners in Namibië begin stem in hoofstad
Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon het vandag begin stem in die land se algemene verkiesing. Meer as 78 000 burgers is geregistreer om te stem by 111 Suid-Afrikaanse diplomatieke sendings oral in die wêreld. In Namibië het 744 Suid-Afrikaners wat in die land woon geregistreer om hier te stem. Hulle kan nog tot 7-uur vanaand hul stem uitbring by die Suid-Afrikaanse Hoë Kommisariaat in Windhoek. Die stembusse open weer môre om 7-uur en sluit om 7-uur môre-aand.