Globale Fonds-geld sal help ‘om malaria teen 2027 uit te wis’

Namibië het ‘n toelaag van sowat 619 miljoen Namibiese dollar van die Globale Fonds gekry om MIV, tuberkulose en malaria te beveg. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het by die bekendstelling van die fonds se drie-jaar sewende befondsing-siklus gepraat, en gesê die land beoog om met hierdie hulp nul inheemse malariagevalle teen 2027 te bereik en die herinstelling daarvan te voorkom. Die land wil ook MIV en Vigs teen 2026 as ‘n openbare gesondheidsbedreiging beëindig, MIV-epidemiebeheer teen 2028 bereik en die las van TB verminder.