Het Charles en Camilla ‘n Aussie-kind?
‘n Brits-gebore elektroniese en telekommunikasie-ingenieur wat hom in Australië gevestig het nadat hy aangeneem is, glo hy is die liefdeskind van prins Charles en Camilla en is op pad na die land se hooggeregshof om koning Charles en sy vrou te probeer dwing om ‘n DNS toets te neem.
Simon Dorante-Day (53) het erken hofklerke het gelag toe hy die eerste keer sy dokumente ingedien het en ondanks sy asemrowende regseis wat reeds drie keer uitgegooi is, weier hy om ‘sy 40 jaar-soektog’ na die waarheid oor sy geboorte-ouers op te gee.
Simon beweer sy aanneemouers Winifred en Ernest het vir die koningin en prins Philip as kok en tuinier gewerk en vir hom baie keer gesê hy is Charles en Camilla se kind.
Hy het voorheen gesê: ‘Ek weet dit klink ongelooflik, maar enigiets wat ek sê is geloofwaardig. Ek is bloot ‘n man wat my biologiese ouers soek, en elke pad het my teruggelei na Camilla en Charles toe’.