Abbott begenadig Black Lives Matter skieter

Die goewerneur van Texas, Greg Abbott het ‘n voormalige sersant in die Amerikaanse leër begenadig wat tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op ‘n betoger van Black Lives Matter in 2020. Daniel Perry wat as ‘n Uber-bestuurder werk het, het by ‘n straat ingedraai waar betogers gestap het. Een van die betogers, Garrett Foster, het sy motor met ‘n vuurwapen genader en Perry het hom toe geskiet en gesê hy het uit selfverdediging opgetree. Maar, getuies het getuig hulle het nooit gesien dat Foster sy wapen gerig het nie. Die skietery was een van minstens 25 moorde tydens die politieke protesoptrede en onrus in 2020.