Fishrotter vra vandag verlof om te appelleer

Hoërhofregter Moses Chinhengo sal vanoggend om nege-uur die argumente vir verlof tot appèl vir sy onttrekking aanhoor. Hy het in April die aansoek dat hy onttrek uit die Fishrot-saak, gebring deur net een van die beskuldigdes Nigel van Wyk, van die hand gewys. Sy aandrang om voort te gaan met pleitverrigtinge, ten spyte van besware en kommer van die beskuldigdes en hul regsverteenwoordigers, het gelei tot Van Wyk se aansoek om onttrekking.