Riviere se vloei neem almal af

Die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanoggend ‘n vlak van 1,80m aangeteken. Dit is baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe die vlak 5,35m was. Die Okavangorivier-vlak by Rundu neem steeds af en het vanoggend 5,34m aangeteken. Dit is egter hoër as die vlak van 5,14m verlede jaar. Die vloei van die Kunenerivier by Ruacana het heelwat afgeneem gedurende die week en gisteroggend ‘n vloei van 228,60 kubieke meter per sekonde aangeteken. Die benede-Oranjerivier is baie laag en het by Blouputs ‘n watervlak van 0.30m aangeteken. By Sendelingsdrift is 0,50m gemeet.