Roos verbind hom langtermyn tot Stormers

Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Evan Roos het ‘n kontrakverlenging onderteken waarvolgens hy tot minstens 2027 vir die Stormers sal speel. Die dinamiese Roos is die jongste speler wat bevestig het hy bly in Kaapstad, na vorige soortgelyke verlengings vir Sacha Feinberg-Mngomezulu, Dan du Plessis en Ruben van Heerden. Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson sê om ‘n speler van Roos se gehalte te voeg by die groeiende lys van langtermynverlengings, is nog ‘n teken van vertroue in die rigting waarin die groep beweeg.