Sal krag goedkoper word met hernubare energie? Ja!

Afrika is stadigaan besig om ‘n hernubare energie-spilpunt te word. Namibië het die groen waterstof-ontwikkelings en Suid-Afrika het ‘n program vir onafhanklike kragprodusente in hernubare energie. Marokko beplan om 400 MW windkrag te ontplooi deur middel van ‘n publieke-private vennootskap, om net ‘n paar te noem. Vrae ontstaan of dit beteken inwoners se kragkoste sal verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, gesels wat positief is oor wat hernubare energie vir die vasteland kan beteken.