Drie leeus saai paniek in Kavango-Oos

Die omgewingsministerie het ‘n waarskuwing uitgereik oor drie leeus wat in die weste van die Kavango-Oos-streek rondloop. Hulle kom vermoedelik van die Bwabwata Nasionale Park en is blykbaar op pad na Khaudum Nasionale Park. Hulle het reeds sedert Maandag ‘n kalf en ‘n bok by twee verskillende dorpies doodgemaak. Vier skole in die Mukwe-kiesafdeling het ook klasse vir twee dae opgeskort weens die leeus. Spore van twee van die diere is vandag by Mbwata-dorpie in die Ndiyona-kiesafdeling gesien.