Luthuli-familie steun nuwe ondersoek na Albert Luthuli se dood
Die Luthuli-familie verwelkom die heropening van ‘n ondersoek na die dood van die voormalige ANC-president, hoofman Albert Luthuli. Justisie minister Ronald Lamola het die heropening aangekondig, wat uitgebrei sal word na die dood van die anti-apartheidaktivis Griffiths Mxenge en die burgerregte-leier Booi Mantyi. Die ministerie verwys na voortgesette gissings oor Luthuli se dood in 1967, glo na hy deur ‘n trein getref is naby sy huis in Groutville, KwaZulu-Natal. Die familie sê die ondersoek sal vrae beantwoord wat oor die afgelope 57 jaar gevra word.