Verkeer op Namibiese lughawens vertoon uiters goed
In Maart het 90 917 passasiers by die land se lughawens aangekom of vertrek, ‘n styging van 24,9 persent jaar-tot-jaar. Die Namibië Statistieke-agentskap sê in sy jongste verslag Hosea Kutako Internasionale Lughawe het die grootste aandeel van 75,7 persent gehad, gevolg deur Walvisbaai met 8,5 persent en Eros-lughawe met 8 persent. By die Walvisbaai-lughawe het aankomste met 25,2 persent op ‘n maandgrondslag gestyg, en jaar-tot-jaar-groei van 15,8 persent is aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dan Kamati, die woordvoerder van die Lughawensmaatskappy, wat opgewonde is oor die toekoms.