Polisie bevestig frats-sterfte op Arandis

Die Erongo-polisie het ‘n sterfgeval by die konstruksieperseel van die sonkrag-aanleg van Rössing-myn op Arandis bevestig. Volgens die mag word daar beaam dat ‘n vurkhyser gelaai met ‘n bokse wat sonpanele wat net meer as 1 300 kilogram geweeg het, een boks verloor het as gevolg van die ongelyke oppervlak. Die boks vol panele het op die werker wat langs die vurkhyser geloop het, geval. Die man, die 26-jarige Unotjari Kaurimba is op slag dood.