Klimaatsverandering en jou geestesgesondheid
Uiterste hitte en rampe wat deur klimaatsverandering veroorsaak word, beïnvloed sleutel neurologiese siektes en geestesgesondheidsversteurings. Dit is die gevolgtrekking van ‘n studie deur die Universiteitkollege van Londen. Navorsers het bevind omgewingsfaktore affekteer nie slegs die voorkoms van siektes nie, maar verhoog die gevaar van verwante risiko’s soos hospitalisering, ongeskiktheid en selfs die dood. Die navorsers het 19 verskillende senustelsel-toestande ondersoek. Professor Sanjay Sisodiya sê daar is duidelike bewyse dat die klimaat ‘n impak het op sommige breinsiektetoestande, veral beroertes en infeksies van die senustelsel.