Volksmoord-herdenking… watter dag presies?
Dit wil voorkom asof die slagoffers van die volksmoord in Namibië self nie ooreen kan kom oor watter dag as herinneringsdag moet dien nie. Volgens plaaslike berigte wil Swanu 28 Mei hê, die dag wat konsentrasiekampe ontbind is in 1908 gebruik terwyl die Ovarherero opperhoof Mutjinde Katjiua 2 Oktober, die dag wat die uitroeiingsbevel deur Lothar von Trotha in 1904 uitgereik het, wil hê. Die LPM skaar hom blykbaar by Mutjinde terwyl Swanu reeds ‘n reeks geleenthede vanaf 26 tot 28 Mei vanjaar gereël het. Blykbaar hou president Nangolo Mbumba ook van 28 Mei as amptelike herdenkingsdag.