Skoon kookkuns is belangriker as wat jy dink
Landbouminister Calle Schlettwein het onder skoot gekom vir sy bywoning van ‘n Unesco-seminaar in Parys, Frankryk oor skoon kookkuns. Kritici meen dit was ‘n vermorsing van geld. In antwoord hierop sê Schlettwein dat volgens die Internasionale Energie-agentskap stel kook met hout of houtskool meer koolstofdioksied vry as die totale vrystelling van die globale mariene- en lugvaartbedrywe saam. Hy sê verder dit het baie ernstige negatiewe gesondheidsimpakte op 175 miljoen huishoudings, ongeveer 900 miljoen individue in Afrika, met vroue en kinders wat die meeste geraak word. Arm gemeenskappe het hulp nodig om toegang tot skoon brandstof te kry.