Foutiewe aankondiging van boksgeveg-wenner maak opslae

‘n Krytaankondiger het besluit om uit te tree nadat hy erg gekritiseer is vir die aankondiging verlede naweek van die verkeerde wenner na ‘n vroue-kapokgewig-titelgeveg in Australië. Die Amerikaner Dan Hennessey het foutiewelik Nina Hughes van Engeland as die wenner aangewys, net om daarna die boksers te moes terugroep en te bevestig die wenner was die Australiër Cherneka Johnson. Hy sê op sosiale media die wêreldwye reaksie het sy geesteswelstand skade berokken en hy weier om langer die wêreld se slaansak te wees.